SportSport

Gimmies besig om kultuur te skep

Ons meet ons sukses aan die einde van die seisoen as ons kan sien daar is weer ‘n sterk rugbykultuur by Gimmies,” sê Garann Kriek, hoofafrigter van Gimmies se eerstespan.

“Ons is besig om ‘n kultuur onder die spelers te skep.
“Ons wil uit die aard van die saak wen, maar ons meet ons sukses aan die einde van die seisoen as ons kan sien daar is weer ‘n sterk rugbykultuur by Gimmies.”
So het Garann Kriek, hoofafrigter van Gimmies se eerstespan oor verlede Saterdag, 5 Maart se vriendskaplike wedstryde teen Trio in Kroonstad gesê.
Die junior spanne het baie goed gevaar.
Al die o.14 tot o.16 spanne het goeie oorwinnings behaal. Volgens Kriek is dit baie goed vir hulle visie dat die junior spanne so goed gevaar het.
Die eerste en tweede spanne het meer gesukkel.
Die tweedespan het 12-0 verloor terwyl die eerstespan 24-7 verloor het.
Volgens Kriek sukkel hulle met beserings en spelers wat nog atletiek doen. “Ons het ‘n bietjie gesukkel met die fisiese aspek van ons spel, maar die ouens het nooit opgegee nie. Dit was regtig goed om te sien hoe hulle geweier het om te gaan lê.
“Dit is iets wat mens nie kan afrig nie. Vaardighede kan geleer of verbeter word maar so ‘n positiewe houding wanneer dinge nie jou kant toe gaan nie, moet oor ‘n lang tydperk gekweek word en die groep het dit reeds,” het hy gesê.
Gimmies begin hulle veldtog hierdie Saterdag, 12 Maart teen Heidelberg Volkskool in die NWU reeks.

o.14 A wen 17 – 5, o.14B wen 47-0, o.15A wen 12-7, o.16A wen 41-7, o.16B wen 42 – 15, derdes verloor 31-8, tweedes verloor 12-0 en eerstes verloor 24-7.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button