SportSportMotoring

‘Ek lewe in die oomblik’

“Ek weet nie waar ek oor 10 jaar gaan wees nie, maar ek weet ek moet nou hier wees. Ek wil so lank as moontlik in die oomblik lewe.”

“Ek weet nie waar ek oor 10 jaar gaan wees nie, maar ek weet ek moet nou hier wees. Ek wil so lank as moontlik in die oomblik lewe.” So verduidelik Mighael de Beer (29) sy siening oor sy rugby afrigtingloopbaan. Die oud-Gimmie leerder staan nou in die skoene van hoof rugbyafrigter van Volkies se eerstespan. Maar daar is geen twyfel waar sy passie en lojaliteit nou lê nie. Hy staan aan die begin van ‘n afrigtingsloopbaan. Vir baie afrigters is die pos by Volkies ‘n groot geleentheid om hulle loopbaan te bevorder, maar vir dié boerseun gaan dit daaroor om nou ‘n verskil in kinders se lewe te maak. “Ek het nooit Cravenweek of iets gespeel nie. Ek weet nie of ek dit moet sê nie, maar ek het nie eintlik baie van rugby gehou nie,” lag hy, terwyl hy koffie skink. Dit vraag ontstaan dadelik hoekom rig hy dan rugby af? “Ek het ‘n hart vir mense en veral kinders. Daar is so baie seer in die wêreld en so min positiewe rolmodelle dat ek hier sien dat ek ‘n verskil kan maak en ‘n goeie rolmodel vir jong seuns kan wees,” verduidelik hy. Mighael het Geografie en Omgewingsbestuur aan die NWU studeer, maar wou nooit ‘n onderwyser word nie. “Dit was die laaste ding wat ek wou doen. Maar in my derde jaar op universiteit het ek tot bekering gekom en my hart vir die Here gegee. Van daardie dag af het ek ’n ongelooflike hart vir mense en om mense te help,” sê hy. Volgens hom glo hy dat hy die beste uit sy spelers kan kry. Tog het hy sy ego by die deur gelos met die aanvang van sy rol by die eerstespan. “Ek weet wat ek na die tafel toe bring, maar ek het geweet ek gaan hulp nodig hê. André Pretorius en Chris Erasmus van iSkills rugby bring tegniese aspekte waar ek nie noodwendig so sterk is nie. Daan Seymour en Bul du Toit is beide legendes wat baie jare se ervaring vir ons bied,” sê hy. Dit is duidelik dat Mighael homself omring het deur van die beste rugbybreine wat hy kon. “Ek kon dit seker alleen aangepak het, maar dit is nie ‘n Mighael ding nie, dit is ‘n Volkies ding. Dit gaan om die span die beste kans te gee. Dit is maar intimiderend, Daan Seymour het dekades se ervaring, Bul du Toit is ‘n legende, Chris Erasmus is ‘n beroepsafrigter, André Pretorius het vir die Springbokke gespeel en nou moet ek vir hulle sê wat om te doen,” lag hy. Gelukkig vir hom word hy baie goed deur die afrigtingspan ondersteun. “André sal my help, maar druk my altyd om die finale besluit te neem. Hy sê altyd, ‘jy is die hoofafrigter, maak die besluit’. Volkies se seisoen skop hierdie naweek af, waar hulle teen Oos-Moot gaan kragte meet. Met Mighael en sy span aan die stuur kan dit nie anders as ‘n suksesvolle seisoen wees nie.    

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button