SportSport

NWU onveranderd vir “Inter Varsity” wedstryd

Die NWU-breiers het 'n onveranderde 15-tal vir vanaand se wedstryd teen Shimlas gekies. 

Die NWU-breiers het ‘n onveranderde 15-tal vir vanaand se wedstryd teen Shimlas gekies.

Dit nadat dié span vir ‘n wen teen Tuks gesorg het. Verlede week se wen was nodig vir die NWU om hulle Varsitybeker droom aan die lewe te hou. Die Arende, het in die eerste paar wedstryde teen iKeys en UJ gesukkel om die goeie momentum wat hulle in die eerste helfte opgedoen het in die tweede helfte vol te hou.

Andrë Pretorius het voor die wedstryd teen Tuks aan die Herald gesê dat as sy span vir 80 minute implimenteer wat hulle geoefen het, hy seker is dat hulle sal kan wen.

Net so is hy vol vertroue dat die NWU die skietgoed het om ‘n gevaarlike Shimals span te klop. Die NWU sal veral wil staatmaak op hulle voorspelers om die spel meer vas te maak. Die Shimlas het dusver gewys dat hulle daarvan hou om vinnig aan te val.

Shimals sal soos ‘n gekwesde dier voel na ‘n skok nederlaag teen Wits verlede week. Hulle sal graag ‘n punt wil bewys en sake vanaand regstel. Die wedstryd skop om 19:00 in Bloemfontein af.

Die span vir vanaand se wedstryd:

Jason Jansen, Vernon Paulo, Ruan Swiegers, Wihan Nel, Ruben Dreyer, Chris Vermaak, Heinz Bertram, André Fouche, Riaan Genis, Nivan Petersen, Naiden Jaarts, Isrome Phatudi, Tino Swanepoel, Keano Windvogel, Heinrich Botha.

Plaasvervangers: Chyle van Zyl, Ruben du Plessis, Waldo Crous, Marvelous Mashimbyi, Gustav Erlank, Sylvester Hassien, Elzandro Fredericks, Martin Venter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button