SportSport

Spangees skitter tydens NWU oorwinning in Rosestad

Die stoom rys van hulle koppe en skouers af, dit is nat en koud, elke duikslag maak daai klein bietjie seerder. Hulle tel mekaar op, reg vir die volgende aanslag. 

Die stoom rys van hulle koppe en skouers af, dit is nat en koud, elke duikslag maak daai klein bietjie seerder. Hulle tel mekaar op, reg vir die volgende aanslag. Die broederskap waarvan daar onder NWU geledere aan die begin van die seisoen gepraat is, was duidelik vir almal om te sien tydens hulle oorwinning teen Shimlas, gisteraand (14 Maart). Wat verlede week in Potch teen Tuks begin pos vat het, is gisteraand in Bloemfontein versterk. Die NWU het van die begin af  beter met bal in hand gespeel. Die nat toestande was ook perfekte oorlogsveld vir die NWU se groot voorspelers, wat met sterk rolmaalbewegings die manne van Bloemfontein sag gemaak het voordat die spoedvrate gaan afrond het. Tino Swanepoel is met twee drieë beloon wat deur Nivan Peterson verdoel is. Binne die eerste 30 minute was die telling reeds 20 – 0 vir die besoekers. Shimlas het nie gaan lê nie, en dit nie vir die Potchefstromers maklik gemaak nie. Met hulle kragsenter, Jooste Nel aan die spits van die aanval het hulle terug baklei om twee drieë te gaan druk. Ewe Skielik is die telling, 20 – 17. Ons het al hierdie film gekyk, NWU verloor hom in die doodsnikke, tog is dit hier waar die NWU saam getrek het en vir mekaar begin speel het. Die broederskap kan nie so maklik gebreek word nie. ‘n Strafdrie is in die tweede helfte aan die NWU toegeken, nadat die Vrystaters ‘n rolmaal opsetlik laat val het. Duidelik het die Shimlas geen antwoord gehad op die rolmaal van Potch nie. Shimlas het twee spelers kort na mekaar verloor, een rooi kaart en een geel kaart. Toe Naiden Jaarts, met sewe minute oor, oor die doellyn duik was die geskryf op die muur vir Shimlas.  Die eindtelling is 32 – 22 met Shimlas wat in ide laaste oomblikke van die wedstryd ‘n bonuspunt drie gaan druk. Alhoewel die NWU steeds in sewende plek lê, het hulle die kompetisie wawyd oop gespeel. Daar is slegs een punt verskil tussen die NWU en Tuks wat in vierde plek lê. As die NWU kan voortbou op hierdie goeie vertoning en volgende week vir Maties klop gaan dinge begin baie interessant raak.  

Foto: Asem Engage/Hannes Naude

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button