Potchefstroom Gimnasium se eersterugbyspan het die afgelope naweek (12 Maart) teen Heidelberg Volkskool kragte gemeet. Dit was die eerste wedstryd vir hulle in die NWU reeks. Alhoewel hulle uiteindelik 28 – 10 verloor het is daar volgens hoofafrigter, Garann Kriek baie verbetering deur die span gewys. “Ons aanval was baie baie beter en ons het ook beter geduik in vergelyking met ons vorige wedstryd,” het hy gesê. Gimmies het in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Trio van Kroonstad ook vasgeval. Kriek het destyds aan die Herald gesê dat hulle sukses meet aan die kultuur wat deur die seisoen geskep is. Die feit dat Volkies vir Heidelberg in ‘n voorseisoen wedstryd kon klop en boonop gekeer het dat hulle punte aanteken sal vir Gimmies iets gee om aan te dink met die oog op die ‘Classic Clash’ wat later vanjaar nog gespeel gaan word. “Ons het nog baie werk maar dit gaan beter,” het Kriek gesê.
Gimmies se volgende wedstryd is ‘n wegwedstryd Woensdag (16 Maart) teen Oosterlig. Hulle sal wil kapitaliseer teen dié span wat ‘n groot pakslae teen Hoërskool Zwartkop gekry het.
Hier is die ander Rugby-uitslae: o/14 A verloor 17- 5 o14B wen 10 – 5 o/15A verloor 29 – 5 o/16A wen 28 – 21 o/16B wen 13 – 7 Derdes verloor 20 – 0 Tweedes verloor 17 – 0 Eerstes verloor 28 – 10 Vir die die punteleer van die NWU Reeks gaan kyk by https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



