SportSport

Burke nou die nommer een amateur gholfspeler in SA

“Dit is iets waarvoor ek nog altyd gewerk het. Dit is ‘n doelwit wat ek nog altyd wou bereik. My doelwit is om nou nommer een te bly tot ek professioneel begin speel,”

Die plaaslike Potchefstroomse gholfspeler, Christiaan Burke, is volgens dir Golf RSA puntetabel nou die nommer een amateur gholfspeler in die land.

Christiaan vier nog ‘n toernooisukses met sy oorwinning tydens die Suid-Kaap Ope in Mosselbaai wat vanaf 13-15 Augustus plaasgevind. Foto’s: Verskafit

Dit is geen verbasing nie, veral na ‘n briljante paar maande waar hy een na die ander toernooi-oorwinnings ingeryg het.

“Dit is iets waarvoor ek nog altyd gewerk het. Dit is ‘n doelwit wat ek nog altyd wou bereik. My doelwit is om nou nommer een te bly tot ek professioneel begin speel,” noem Burke, ‘n oud Bailliepark en Volkies-leerder.

Hy het ‘n besige skedule wat op hom wag, met ‘n besoek op 23 April in Angola, sowel as toernooie in Engeland gedurende Mei.

“Ek kyk ook daarna om Amerika toe te vlieg in Julie om ‘n paar toernooie te speel. My groot doelwit is om einde Augustus aan die Eisenhower-trofee in Parys, Frankryk deel te neem teen die wêreld se beste amateurspelers,” noem Burke.

Christiaan Burke is die nommer een amateur gholfspeler in Suid-Afrika. Foto: Verskaf

“Dit is harde werk om daar op nommer een te bly. Ek sien uit na die volgende paar maande,” vertel hy verder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button