SportSport

NWU tree terug in tyd met voorbereiding vir Varsitybekerstryd

Die NWU Arende, het die klok ‘n paar jaar terug gedraai terwyl hulle met voorbereiding vir vanaand (28 Maart) se wedstryd teen die Madibaz besig was.

Die NWU Arende, het die klok ‘n paar jaar terug gedraai terwyl hulle met voorbereiding vir vanaand (28 Maart) se wedstryd teen die Madibaz besig was. Met die laaste oefening van die week, Vrydagaand, het afrigters, Andre Pretorius en Chaka Willemse hulle ou rugbytruie afgestof sodat die spelers daarin kan oefen. Die voorspelers het met Willemse se ou truie gespeel, terwyl die agterlyn met Pretorius se truie gespog het. Daar was ‘n paar skatte tussen die truie, Willemse het sy ou Pretoria Bobbies trui waarmee hy die klub kampioenskap gewen het beskikbaar gestel. So ook van die eerste Suid-Oos Transvaal truie, wat later die Pumas geword het. Op sy beurt het Pretorius van sy ou Boktruie asook die truie van All Blacks helde Dan Carter en Andrew Mehrtens saam gebring. Volgens  Pretorius was dit gedoen om die span se moraal bietjie te lig na die verlies teen Maties. “Ek dink die ouens het dit geniet,” vertel Pretorius. Vir diegene wat nie Rugby gespeel het of volg nie, mag dit dalk lyk soos net nog ‘n oefentrui maar die geskiedenis en storie wat elke trui het om te vertel is vir enige Rugbyliefhebber iets besonders. Elke speler wat na die oefening truie terug gegee het, het benadruk wat ‘n groot eer dit was om met die truie te speel. Al was dit net vir ‘n uur, is elke NWU speler wat Vrydagaand geoefen het, deel van die geskiedenis van daai trui. Die NWU speel vanaand (28 Maart) teen die Madibaz op die Fanie du Toit Sportgronde. Die wedstryd skop om 19:00 af. Die beginspan vir vanaand lyk soos volg: 15 Heinrich Botha, 14 Pienaar van Niekerk, 13 Theunis Pretorius, 12 Isrome Phatudi, 11 Tino Swanepoel, 10 Martin Venter, 9 Sylvester Hassien, 8 Gustav Erlank, 7 Kagiso Woodbridge, 6 Chris Vermaak, 5 Ruben Dreyer, 4 Marvelous Mashimbyi, 3 Sampie Swiegers (c), 2 Vernon Paulo, 1 Ruben du Plessis. Subs: 16 Chyle van Zyl, 17 Jason Jansen, 18 Ntobeko Shezi, 19 Wihan Nel, 20 André Fouché, 21 Riaan Genis, 22 Nivan Petersen, 23 Keenan Twigg.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button