SportSport

NWU hou pot aan die kook

Die NWU het hulle hoop om in die uitkloprondtes van die Varsitybeker te speel gisteraand (28 Maart) behoorlik an die lewe gehou. 

Die NWU het hulle hoop om in die uitkloprondtes van die Varsitybeker te speel gisteraand (28 Maart) behoorlik an die lewe gehou.

Die Arende het met 61 – 26 met die reeds gerelegeerde Madibaz in Potchefstroom klaar gespeel. Spelers wat maar min speelkans die seisoen gekry het, het ook hulle hande opgesteek. Theunis Pretorius wat op buitesenter begin het, het ‘n skitterende drie gedruk.

Martin Venter, het weer goed gelyk op losskakel waar hy die aanval behoorlik aan die gang gehou het. Die NWU het agt driëe gaan druk om met ‘n broodnodige bonuspunt te wen. Die dominerende vaste fasette het die platform vir agterlyn geskep om so bietjie ‘sjampanje’ rugby te speel. Daar sal dalk bietjie kommer wees oor die vier driëe wat die NWU afgestaan het, maar wanneer rugby op so tempo gespeel word met soeke na driëe sal daar altyd onnodige driëe afgestaan word.

Die NWU sal sy laaste twee wedstryde moet wen en hoop een of twee ander uitslae gaan hulle kant toe om die uitkloprondtes te haal. Die Arende se volgende wedstryd is weg stryd teen CUT waarna hulle Wits in Potch gaan aanvat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button