SportSport

Atlete gereed om op alle silinders te vuur

Die kompetisie gaan deurgaans straf wees, maar die ACNW-atlete het beslis die tuisgrond voordeel om die medaljes in te samel.

Potchefstroom gaan hierdie naweek tydens die Atletiek Suid-Afrika (ASA) o.16 – o.20 SA kampioenskappe op die Kenneth McArthur atletiekstadion weer vir atletiek uit die boonste rakke sorg.

Die top jong atlete van regoor die land gaan vanaf 31 Maart – 2 April hulle alles gee om as die beste in die land gereken te word.

Lee-Ann Grobbelaar gaan een van die ACNW atlete wees om dop te hou by die o.16, o.18 en o.20 SA Kampioenskappe vanaf 31 Maart – 2 April in Potchefstroom. Foto: Verskaf

Die kompetisie gaan deurgaans straf wees, maar die ACNW-atlete het beslis die tuisgrond voordeel om die medaljes in te samel.

Atlete op o.16 vlak om voor uit te kyk is die Volkie verspringer en hekkiesatleet, Lea Verster, wat vanjaar in goeie vorm is.

In die o.16 dogters gewigstoot kan die oë op Jamoré Olivier en Stephané Hook gesit word.

Hook sal ook in die spiesgooi-item haar staal wil wys. Sy het vanjaar reeds die spies 41.53 meter gegooi. Olivier het die gewigstootbal hierdie seisoen ook 14.69m laat trek.

Phemelo Molale gaan vir nog medaljes streef by hierdie naweek se kampioenskappe.

Gimmies se spoedvraat, Righardt Joubert, sal ook een van die gunstelinge wees om ‘n medalje in die 100m, 110m hekkies of verspring in te samel.

By die o.18’s is Sandri van Rooyen een van ACNW se staatmakers en kan moontlik met ‘n goue medalje spog as alles vlot verloop in die dogters 100m-item.

Sihle Mahlangu (seuns hoogspring) en Rico Leijenaar (seuns 1500m) sal ook hulle bes doen om ‘n medalje in te palm. Op o.20 vlak is die wêreld se nr.1 spiesgooier op sy ouderdomsvlak, Armand Willemse, die gunsteling om die SA-titel te vat.

Sy vorm is uitstekend vanjaar en hy sal graag wil wys hoekom hy so hoog geag word. Lee-Ann Grobbelaar is nog ‘n Gimmie wat met die spies kan uitblink, veral nadat sy ook ‘n medalje by die onlangse SASA kampioenskappe in Germiston behaal het.

Dalan Oliphant (KHS), Phemelo Molale (Gimmies) en Henru Olivier (NWU) is nog atlete wat ook in die 100m medaljes vir hulle provinsie sal wil wen.

Die aksie begin reeds Donderdag, 31 Maart om 08:00 en eindig Saterdag, 2 April om 17:00. 

Kaartjies kos R50 vir toeskouers per dag.

Program:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button