SportSport

Plaaslike atlete wys talent by SA’s op eie bodem

Tokkies se Dianie du Preez behaal ‘n pragtige goud in die dogters o.12 verspring met ‘n sprong van 4.88 meter.

Die Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (SASA) Laerskole Nasionale Kampioenskappe het vanaf 25-26 Maart vir groot opwinding in die vuurwarm hitte by die NWU McArthur stadion gesorg.

Net so kokend soos die temperature was, het die atlete ook vir vuurwarm aksie op die baan en veld gesorg. Die room van die land se top junior atlete het vir asemrowende atletiek gesorg met die tuisunie, Atletiek Sentraal Noordwes (ACNW) wat ‘n welverdiende algehele derde plek behaal het met 28 medaljes (9 goud, 5 silwer en 14 brons).

Foto’s: Wouter Pienaar

Gauteng is eerste met ‘n indrukwekkende 89 medaljes en die Westelike Provinsie tweede met 63 medaljes. Van ACNW se staatmakers was Laerskool Mooirivier se langasem, Alrike Hattingh, wat ‘n goue medalje in die dogters o.10 1200m item behaal het in ‘n tyd van 4:07.61.

Lizé van Zyl (heel regs) het ‘n derde plek vir Noordwes in die dogters o.13 75m hekkies-item behaal. Foto: Bertus le Roux

Reuben Smit behaal twee silwermedaljes in die seuns o.11 80m en 70m hekkies-items. Hayley Lues (silwer dogters o.11 70m hekkies) en Lizé van Zyl (brons o.13 dogters 75m hekkies) wys ook hulle vernuf op die baan. Tokkies se Dianie du Preez behaal ‘n pragtige goud in die dogters o.12 verspring met ‘n sprong van 4.88 meter.

Dianie du Preez staan trots met haar twee goue medaljes. Foto: Verskaf

Sy het reeds 5,18 meter tydens die Kenneth Kaunda byeenkoms gespring, dus ook verder as die SA rekord van 5,11m.

By vanjaar se SA kampioenskappe het sy teen ‘n sterk wind gespring wat haar kanse vir ‘n verbetering op die rekord verminder het. Sy behaal ook goud in die aflos-item.

Nog ‘n Tokkie, Carli Tromp, behaal ‘n derde plek vir meisies o.11 hoogspring met ‘n hoogte van 1.35 meter. Mooirivier se ️Ethan Fourie wys ook sy krag met ‘n goud in die gewigstoot vir seuns o.11. Hy laat die gewigstootbal 13.44 meter ver trek.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button