
Die vuurvreter losvoorspeler van die NWU, André Fouche gaan vanjaar vir die Pumas in die Curriebeker opdraf.
Dit nadat hy onlnags ‘n kontrak aanvaar het.
Volgens Jimmy Stonehouse, hoofafrigter by die Pumas, het Fouche se ‘workrate’ en goeie vorm in die Varsitybeker kompitisie hom beindruk.
“Ons het gekyk na ‘n plaasvervanger vir Willie engelbrecht wat weg gaan by ons,” het Stonehouse gesê. Dit het hulle gevind in Fouche wat vir drie weke in ‘n ry as speler van die wedstryd tydens die Varsitybeker aangewys is.
“Ek is baie bly André kry die geleentheid. Dit was vir my ‘n voorreg om saam met hom te kan werk, en sy ‘journey’ te kon dophou. Om te sien die leemtes wat hy gehad het, wat ons hom gehelp het en hoe hy dit reggemaak het. Dit was spesiaal om te sien hoe hy ontwikkel as ‘n speler en ‘n mens op en van die veld af,” het André Pretorius, hoofafrigter vandie NWU gesê.
Volgens Stonehouse doen die NWU ongelooflike goeie ontwikkelingswerk.
Vir nog plaaslike rugbynuus:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/