Potch Dorp het die afgelope naweek naelskraap teen Zeerust gewen. Hulle derde Neserliga wedstryd, was ‘n noue ontkoming om onoorwonne in die liga te bly. Dorp het uiteindelik met 18 – 17 in Zeerust gewen. Zeerust was die eerste sterk toets vir die Potchefstromers, wat hulle gelukkig deurgekom het. Dorp en Stilfontein Hurricanes is loshande die voorlopers in hulle groep met slegs een punt wat hulle van mekaar op die punteleer skei. “Dit is maar moeilik om veral met ‘n klubspan weg te speel. Ons was nie op ons beste nie. Maar dit moet nou gebeur dat dit nie in ‘n halfeindrondte gebeur nie. Die ouens weet waaraan om te werk. Ons het Lonmin en Hurricanes oor as ons altwee wen dan het ons ‘n tuishalfeind. Dit is waarna toe ons werk,” het Joe Smith, Dorp se hoofafrigter na die wedstryd gesê. Dorp speel volgende in ‘n tuiswedstryd teen Lonmin op 23 April.
Vir meer plaaslike Rugbynuus
www.potchefstroomherald.co.za/local-rugby-hub/



