SportSport

Luiperds gee eerste tree om Eersteliga te wen

Die Luiperds het die afgelope naweek teen 'n moeilike Grens span te staan gekom. 

Die Luiperds het die afgelope naweek teen ‘n moeilike Grens span te staan gekom.

Maklik was die wedstryd beslis nie. Grens was vasberade om hulle tellings van die vorige naweek ongedaan te maak. Met tuisvoordeel in nat omstadighede moes die Luiperds hard baklei om met 19 – 9 te seëvier.

Die staatmaker losvoorspeler, HP Swart het die Luiperds se twee drieë gedruk en ‘n strafdrie is ook toegeken. Die Noordwesters, sal gelukkig wees met vier punte uit die kragmeting uit.

Hulle volgende wedtryd is eers weer op 22 April, weg teen SWD. SWD het die naweek met een punt teen die Boland gewen nadat hulle die vorige naweek teen die OP vasgeval het.

Die Luiperds behoort teen dan, uit die Varsitybeker spelers by die NWU kan kies. Alhoewel André Fouché ‘n kontrak by die Pumas geteken het, sal daar gekyk kan word na Sampie Swiegers wat diens aan die vaskopkant van die skrum kan doen.

Na een wedstryd lê die Luiperds 6de op die punteleer maar het ‘n wedstryd minder as almal bo hulle gespeel.

Vir nog plaaslike rugbynuus:

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button