SportSport

Volkie-skut opgewonde oor Brittanje-toer

Hierdie Volkie-leerder was in die kol en het met onderskeiding haar plek in die span verseker.

Een van Potchefstroom se top skuts, Shani Nel, het weer haar talent bewys toe sy tydens die afgelope 2022-SANSSU-proewe haar plek in die toerspan na Brittanje los geskiet het.

Hierdie Volkie-leerder was in die kol en het met onderskeiding haar plek in die span verseker.

Nel het in die o.21-afdeling algeheel tweede in die Sporter-klas gekom met ‘n totaal van 1456 uit 1600, slegs 2 punte agter die eerste-plek-skut se totaal van 1458. Dit was inderdaad ‘n naelbytstryd.

Nel het verder tweede gekom in die 3P (lê-, staan- en knielposisie) met ‘n totaal van 1093 uit 1200 en eerste in die 10m-staan met ‘n totaal van 363 uit 400.

Bonnop verwerf sy met haar prestasies ook SANSSU- silwer kleure en eindig algeheel 7de om een van die 21 skuts te wees wat na die Brittanje sal toer.

Om die merkwaardige prestasie verder te onderskryf, is daar slegs 54 skuts vanoor al die dissiplines uitgenooi na die 2022-SANSSU-proewe waarvan daar 28 Sporters was. Die res was ‘n kombinasie van veergewere (5), presisie-gewere (4) en pistole (17).

 

Related Articles

Back to top button