SportSport

Luiperds promosie-droom dalk doodskoot toegedien

Die Luiperds se droom om volgende jaar in die Curriebeker se topafdeling te speel is Saterdagmiddag in Potchefstroom deur die Boland in 'n nagmerrie verander. 

Die Luiperds se droom om volgende jaar in die Curriebeker se topafdeling te speel is Saterdagmiddag in Potchefstroom deur die Boland in ‘n nagmerrie verander. Die Luiperds is nou in ‘n situasie waar hulle eie lot nie in hulle hande is nie.

Dit nadat hulle ‘n tweede wedstryd in ‘n ry in die Curriebeker eerste divisie verloor het. Tyd het die Luiperds soos verlede week teen die SWD-Arende ingehaal.

Die tuisspan was teen halftyd al met 35 – 5 agter. Alhoewel die Luiperds ‘n sterk terugveg poging geloots het, het tyd hulle ingehaal. Die eindtelling was 42 – 33.

Die Kavaliers het die Luiperds in die eerste helfte van hulle voete af gespeel. Werklik sjampanje-rugby is deur die manne van die Boland gespeel. Hulle het op hulle balvaardigheid staat gemaak om veld te wen. Vinnige hande, goeie lyn breke en besonderse ondersteunende spel het die Noordwesters uit hulle struktuur gedwing.

Boland se skrumskakel, Jaiden Baron was orals om die bal te ontvang, wat op ‘n driekuns in die eerste helfte vir hom uitgeloop het.

“Ons het hulle toegelaat om hulle tipe wedstryd te speel. Hulle hou daarvan om met die bal te speel en was op die dag meer klinies as ons,” het Siya Mdaka, kaptein van Luiperds gesê.

Die Luiperds het in die tweede helfte baie beter by hulle eie struktuur gehou. Drieë deur Ruben du Plessis, Robey Leibrandt, Heinrich Botha, Andries Truter en Chris Vermaak het darem vir die Noordwesters ‘n bonuspunt gegee.

“Dit was ‘n wedstryd van twee helftes, waar ons uiteindelik uit tyd gehardloop het. Ons het drie groot wedstryde voor ons. Ons moet nou as individue en as ‘n span saam trek om oplossings te vind,” het Mdaka gesê.

Die Luiperds se volgende wedstryd is weer tuis teen die Valke wat ook een va ndie aansparaakmakers op promosie is vanjaar. Dié wedstryd word op 7 Mei gespeel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button