Die NWU Prestige reeks eindstryde vind hierdie naweek, 6-7 Mei in Potchefstroom plaas met 16 skole wat aanspraak op goud, silwer en bronsmedaljes sal wil maak.
Op plaaslike gebied is die tafel reeds gedek vir van Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom se netbal, hokkie en rugbyspanne. Gimmies se hoop vir goud is sterk by hulle toppresterende hokkiespanne. Beide die eerste seuns- en dogtershokkiespanne speel vir eerste plekke hierdie naweek. Die seuns draf Vrydag om 15:50 teen Hoërskool Zwartkop op die NWU Astro uit. Die eerste dogtershokkiespan speel Saterdag om 16:15 teen Hoërskool Noordheuwel op die NWU Astro A. Gimmies o.16 hokkiedogters speel ook vir die goue medalje, slegs ‘n uur voor dit ook teen Noordheuwel.
Gimmies se o.16A en B netbalspanne speel ook vir goue medaljes. Die o.16B’s speel Vrydag om 14:40 teen Zwartkop by Gimmies (baan 1) met die o.16A’s wat direk daarna om 15:20 teen Marais Viljoen in die finaal speel. Plaaslike rugbyspanne wat vir ‘n top vier plek uitspeel is Volkies se o.14A sowel as die o.15 A en B spanne. Al drie spanne speel vir derde en vierde plekke uit.
Gimmies se o.16A en o.14B speel ook vir derde en vierde plek uit. Die rugbywedstryde sal Saterdag plaasvind. Tye is teen druktyd nog nie bekend nie.
Hokkie bepalings:





