SportSport

Foto’s: Goue glorie vir Gimmies se eerste seunshokkiespan

Gimmies se eerste seunshokkiespan is NWU Prestigereekswenners nadat hulle vir Hoërskool Zwartkop met 1-0 in die finaal op die NWU Astrobaan gistermiddag (Vrydag, 6 Mei) geklop het.

Gimmies se eerste seunshokkiespan is NWU Prestigereekswenners nadat hulle vir Hoërskool Zwartkop met 1-0 in die finaal op die NWU Astrobaan gistermiddag (Vrydag, 6 Mei) geklop het.

‘n Puik individuele doel in die eerste kwart van Jan-Adriaan van Wyk het die sege vir Gimmies beklink. Jan-Adriaan is wel later in die wedstryd beseer toe ‘n hokkiestok van ‘n Zwartkopspeler hom per ongeluk teen die kant van sy kop getref het.

Al is een van Gimmies se top spelers van die baan af, het hulle steeds kop gehou en konsekwente hokkie gespeel, al het Zwartkop druk toegepas in die laaste kwart.

Krediet moet ook aan Gimmies se verdediging en veral doelwagter, Wian Landman gegee word. Hy het ‘n paar keer vir Zwartkop gefnuik wat ‘n goeie voorbeeld van die span se aanhouer-wen mentaliteit was hulle teenstanders in ‘n taai eindstryd uit te hou.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button