SportSport

Volkies wen in ‘mini-clash’

Diè twee spanne gaan mekaar weer op 28 Mei, met die amptelike Classic Clash pak.

Volkies het gistermiddag ( 7 Mei) in ñ spreekwoordelike mini classic clash met 32- 19 teen Gimmies in die NWU Prestige reeks gewen.

Volkies het van die eerste afskop af, met ñ intensiteit gespeel wat hulle teenstanders onkant gevang het. Hulle het n rits drieë gaan druk. Dadelik was Gimmies op die agtervoet.

Hoofafrigter Garann Kriek moes ñ harde woord met sy troepe gepraat het, want in die tweede helfte het Gimmies geveg om in die wedstryd te bly. Op tye het dit gelyk of hulle, dalk die wedstryd gaan omdraai.

“Ek dinkndie senuwees het van ons manne bietjie op die enkels geduik. Ons het dit ook nie vir onsself maklik gemaak om ñ hele paar sagte drieë af te staan nie,” het Kriek gesê.

Volkies se werk in die losgemaal het telkens vir hulle goeie bal gegee om mee te speel. Hulle het die meeste gemaak van hulle kanse.

“Ons het baie onder ons vermoë gespeel. Ten spyte daarvan het ons met een voet op die bus gebly. Ek vat dit as ñ groot positief,” verduidelik Kriek.

Diè twee spanne gaan mekaar weer op 28 Mei, met die amptelike Classic Clash pak. Albei sal waardevolle lesse uit die kragmeting geleer het.

Vir nog Plaaslike Rugbynuus gaan na www.potchefstroomherald.co.za/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button