NewsNews

Ventersdorp windhond sterk aan by PAWS

PAWS wil graag ‘n positiewe verskil in Max se lewe maak en weer sy vertroue in mense herwin na ‘n baie traumatiese tyd

‘n Windhond wat van ‘n bakkie in Ventersdorp afgespring het, sterk tans by die Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) aan.

PAWS het so paar weke gelede ‘n oproep ontvang en het toe na vele probeerslae uiteindelik die windhond gevang en na PAWS toe geneem. Hierdie hond is toe Max gedoop.

Max, die windhond, wat tans by PAWS aansterk.

“Die hond het heeltyd probeer weggehardloop deur die strate en in mense se erwe. Ons het hom toe in die veld ingejaag en uiteindelik gevang. Hy was ook vol bosluise op daardie stadium,” noem PAWS se bestuurder, Herman van der Sluis.

Max moes nadat hy verlore geraak het alleen in Ventersdorp rondloop en die gebrek aan kos en koue toestande het hom ondervoed en met ‘n wantroue in die mensdom gelos.

PAWS wil graag ‘n positiewe verskil in Max se lewe maak en weer sy vertroue in mense herwin na ‘n baie traumatiese tyd waar hy in koue alleen moes rondwaal voordat PAWS hom opgespoor het.

PAWS sal ook graag sy eienaars wil opspoor. Volgens PAWS het Max nog ‘n lang pad om te gaan voor hy sy ideale gewig bereik en mense al begin vertrou.

Die publiek kan ook vir PAWS met enige donasies vir Max help om weer vinnig op vier bene te kom en sy ou self te wees.

“Kossies en komberse is Max se grootste behoefte, en dan om ‘n liefdevolle huisie te kan kry. Hy eet 3 keer per dag om sy gewig op standaard te bring en hou baie van ‘n sagte bedjie,” het PAWS op hulle Facebookblad genoem.

Enige donasie kan by PAWS afgelaai word, of direk aan PAWS betaal word by:

PAWS

Bank: Nedbank

Rekeningnommer: 115 665 0747

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button