
In Volkies se eeufeesjaar het die skool die voorreg gehad om vir die eerste keer die NWU Prestigereeks skaakfinaal op Dinsdag, 3 Mei aan te bied. Die dag het ongelooflike spelle opgelewer en elkeen van die 16de skole het meegeding om as wenners uit die stryd te tree.
Na ‘n lang dag vol opwinding en spanning waar breinkrag en slim taktiek van kardinale belang was, is die finale skuiwe gemaak en die wenners bepaal.
Daar was altesaam drie skole in die eerste plek naamlik, Noordheuwel, Zwartkop en Potchefstoom Gimnasium,
Gimmies se juniorspan wat uit Dewald Coetsee, Frederick van der Westhuizen, Catherine Ellis, Kari Goede, Reinhardt Coetzer en Jacques van Straaten bestaan het algeheel eerste gekom.
As gasheerskool eindig Volkies algeheel 9de uit 16 skole. Die seniors kom 12de (Danial Louw, Luane Niemand, Hendrik Olivier, Tanya Botha en Thalita Scheepers) en die juniors (Danica Jonker, Pieter Jaques du Toit, Markus Lloyd, Martin Venter, Francois Jansen van Rensburg, Tarra- Jane Devenish, Gerhard Labuschagne, Marco Pieterse en Enya Steyn) behaal ‘n agtste algehele plek.

Gimmies se seniorspan (Dewald Lubbe, Landu Verster, Marco Terblanche, Juan-Naude Aslett en Christiaan Cloete) het derde geeindig.













