SportSport

NWU atlete se goue medaljes nie genoeg om USSA-titel te behou

Tukkies vat die kroon weens die feit dat hulle twee meer goue medaljes as die NWU behaal het.

Vir die eerste keer in vyf USSA Atletiekampioenskappe het die Noordwes-Universiteit (NWU) se atlete nie met die titel teruggekeer Potchefstroom toe nie.
Vanjaar by die 2022 USSA Kampioenskappe wat by die Universiteit van die Wes-Kaapland in Bellville plaasgevind het, het Tukkies die kroon gevat weens die feit dat hulle twee goue medaljes meer as die NWU behaal het.

Terseus Liebenberg saam met nog ‘n goue medaljewenner in die vroeu spiesgooi, Jo-Ané van Dyk.

In totaal het die NWU 30 medaljes (10 goud, 11 silwer 9 brons) teenoor Tukkies se 28 medaljes (12 goud, 8 silwer en 8 brons) behaal. Die Universiteit van Johannesburg behaal die derde plek met 25 medaljes.
Vanaf 2016 tot 2021 het die NWU vyf USSA-titels in ‘n ry behaal en moes die eerste keer sedert 2015 tweede viool speel by hierdie kampioenskappe.

Joné Kruger in aksie

Die kompetisie was deurgaans taai, maar soos gewoonlik het die NWU se atlete hulle staal met puik uitslae gewys.
Vier van die goue medaljes was op die baan behaal, terwyl ses velditems was.
Die NWU atlete wat goud behaal het by die USSA Kampioenskappe:
• Tamzin Thomas (100m vroue) – 12.02 sekondes
• Karmen Fouché (hoogspring) – 1.70 meter
• Valco van Wyk (paalspring) – 5.00 meter
• Joné Kruger (verspring) – 6.43 meter
• Alan Cumming (hamergooi) – 68.39 meter
• Jo-Ané van Dyk (spiesgooi) – 60.45 meter
• Johann Grobler (spiesgooi) – 76.04 meter
• Antonio Farmer (20km stap) – 1:34:23
• Marissa Swanepoel (20km stap) – 1:50:32
• Mans 4x100m aflos – 40.38 sekondes (Emel Keyser, Henru Olivier, Theodor Young, Obakeng Baloi en Chederick van Wyk).

** Rogail Joseph het ook oor die 1000-punt merk gegaan met ‘n spoggerige 1080-punt vertoning in die 400m hekkies. Sy het brons in 58.03 behaal.

Joné Kruger het goud in die vroue verspring-item by die 2022 USSA-kampioenskappe behaal. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button