SportSport

NWU Koshuise Vrydag op die Rugbyveld slaags

Daar is 'n paar interessante tweegevegte wat Vrydagaand plaasvind. 

Vrydagaand (13 Mei), sal die verskeie manskoshuise van die NWU se Potchefstroomkampus se veldtogte, om vanjaar se koshuisrugby liga te wen, begin.

Daar is ‘n paar interessante tweegevegte wat Vrydagaand plaasvind.

Die Superliga is waar die grootste aksie gaan plaasvind. Verlede jaar se finaliste, Heimat en Caput gaan mekaar aanvat. Caput het daai wedstryd gewen, so die manne van Heimat sal  wil wraak neem vir die verlies. Hulle behoort van meet af, die Rooikatte onder druk te probeer sit.

Daar behoort nie veel van die spelers wat in daardie finaal gespeel het oor te wees nie. So dit sal enige iemand se wedstryd wees.

Die ander groot wedstryd is tussen Patria en Veritas. Die twee groot koshuise, se wedywering is iets wat al jare lank aangaan. Dié wedstryd beloof om taai te wees, met nie een van die twee spanne wat grond gaan wil opgee nie. Verwag ‘n uitputtingsoorlog tussen dié twee.

Die ander Superliga wedstryde vir Vrydagaand is De Wilgers vs Villagers en Overs wat die PUK se o/19A span aanvat.

Vir meer plaaslike rugbynuus en die volle bepalings vir Vrydagaand se koshuisligawedstryde besoek:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button