SportSport

Groot wen vir Gimmies in Leeus-liga

Die manne van Potchefstroom het op hulle tuisveld vir die Johannesburgers ordentlik gewys waar Dawid die wortels begrawe het. 

Gimmies het hulle veldtog in die Leeus-Liga, met ‘n groot wen teen St. Benedicts afgeskop.

Die manne van Potchefstroom het op hulle tuisveld vir die Johannesburgers ordentlik gewys waar Dawid die wortels begrawe het.

“Dit was ‘n goeie wen wat die ouens nodig gehad het,” het Garann Kriek, hoofafrigter van Gimmies gesê.

Die eerstespan het die wedstryd met 48 – 22 gewen. Dit sal vir hulle baie selfvertroue vir hulle volgende wedstryd teen Dinamika van Alberton gee.

Die ander ouderdomsgroepspanne het net so goed op die dag gevaar.

o/14A wen 73 – 0

o/14B wen 61 – 0

o/15A wen 51 -7

o/16A wen   52- 0

o/16B wen 35 – 7

Derdes wen 21 – 3

Tweedes wen 62 – 3

Eerstes wen 48 – 22.

Vir nog plaaslike rugbynuus besoek:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button