
Hoërskool Ferdinand Postma se eersterugbyspan se opmars na die Bayerliga se uitkloprondtes het verder momentum gekry die afgelope naweek.
Dié span het met ‘n tradisionele sterk Christiana, span 26 – 5 klaar gespeel. Die ligawedstryde het die afgelope Saterdag (14 Mei) op tuis bodem plaas gevind.
Hoofafrigter, Joe Seerane se span het nog slegs een wedstryd verloor. Met drie wedstryde oor, Sannieshof, Schweizer-Reneke en Orkney, is die kanse goed dat Ferdies in die uitkloprondtes gaan beland.
Ferdies se o/15 span het groot verbetering gewys nadat hulle ‘n groot pakslae teen Bloemhof gekry het. Teen Christiana het hulle heelwat beter gespeel alhoewel hulle 22-10 verloor het.
Ferdies se volgende wedstryd is komende naweek (21 Mei) teen Sannieshof weer op Ferdies se tuisvelde.
Vir nog plaaslike Rugbynuus besoek:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



