SportSport

Gimmies se eerste dogtershokkiespan verslaan Volkies

Volgehoue druk het vrugte afgewerp met Cameron Charslund, Riandi Boshoff en Irene Strydom wat doele aanteken om die oorwinning af te rond. 

Al het Potchefstroom Gimnasium se eerste dogtershokkiespan ‘n stadige begin in hulle wedstryd teen Volkies vanmiddag (27 Mei) op Volkies se velde gehad, kon hulle steeds momentum bou en ‘n 4-0 oorwinning behaal.

Foto’s: Wouter Pienaar

Shané Hulley se doel net voor half-tyd het Volkies se teenstand gebreek. Volkies se doelwagter, Megan Potgieter en haar verdedigers het gesorg dat Gimmies ongeveer 28 minute moes wag voor hulle die eerste doel aanteken.

Gimmies het net ‘n beter tweede helfte gehad en meer tyd in Volkies se kant van die veld begin spandeer. Volgehoue druk het vrugte afgewerp met Cameron Charslund, Riandi Boshoff en Irene Strydom wat doele aanteken om die oorwinning af te rond.

Gimmies se kaptein, Kaylin Middleton, Charslund, sowel as Anica Swart was ook van die uitblinkers op die dag.

Volkies het wel beter gespeel as wat die 4-0 telling op die telbord weerspieël. Hulle kaptein, Imke Blom en Stephanie van der Merwe het onder andere saam met hulle spanmaats alles op die veld gegee en as hulle, hul kanse gevat het in die eerste helfte kon hulle Gimmies laat sweet het.

Nietemin, het Gimmies nie toegelaat dat Volkies enige kanse kry na die tweede doel ingegaan het nie. Sodoende kon hulle op die einde die telling nog meer glans gee.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button