Die ruiters van die Ventersdorp Perdryklub het 28 en 29 Mei hulle staal by die Noordwes Western Mounted Games-kwalifikasie rondtes 5 en 6 wat in Potchefstroom gehou is, gewys. Die klub se ruiters het altesaam met vyftien eersteplek-, sewentien tweedeplek- en veertien derdeplekpryse weggestap.
●Bernice Blaeser op Impi het 3 eersteplekke, 3 tweedeplekke en een derdeplek behaal in die junior vlak 3. Sy is ook op die laaste dag van die kwalifisering aangewys as die wenner van haar afdeling.

●Danielle Otto, wat op Chester aan die kwalifisering deelgeneem het, het 3 eerste-, 1 tweede en 1 derdeplek ingepalm. Sy het die junior vlak 3 op Saterdag gewen.
●Ruan du Plessis op Ianto het deelgeneem aan die junior vlak 2 en het 3 eersteplekke, 3 tweedeplekke en 2 derdeplekke behaal. Du Plessis is as die algehele wenner van die junior vlak 2 aangewys.
●Miné Papenfus, van die klub, het vir die eerstekeer op Frieda gery. Sy het met haar 2 tweedeplekke en 4 derdeplekke dit reggekry om vanaf valk 0 na vlak 2 op te skuif.

●Monique Fasen het op Khalari deelgeneem en spog met 1 eerste-, sowel as 1 tweedeplek in vlak 1 van die juniorafdeling.
●In die kinderafdeling vlak 0 het Imone van Zyl, op Umbre, 1 eerste- en 1 tweedeplek behaal.
●Ook in die kinderafdeling, het Martsophie Human op Jessica, 2 tweedeplekke en 3 derdeplekke in vlak 2 van die afdeling behaal. Human het as die derde beste ruiter in vlak 2 van die kinderafdeling geïndig.
●Zandré Fritz het as nuwe ruiter aan die juniorafdeling valk 1 deelgeneem met Ruby. Fritz se 4 eerste- en 2 tweedeplekke in die afdeling het hom as algehele wenner van die juniorafdeling vlak 1 gekroon.
●Juleo Linstrom op Shakira het twee tweedeplekke, asook 2 derdeplekke as nuwe ruiter verwerf en sodoende opgeskuif na vlak 1 van die juniorafdeling.
●Edrick Fritz op Prisses het ʼn derdeplek as nuwe ruiter in die vlak 1 juniorafdeling behaal.
Die Western Mounted Games sluit die tradisionele Amerikaanse gymkhana items in, waarvan daar 5 gekies word om deel te vorm van elke kwalifiserende rondte wat plaasvind in aanloop tot die Nasionale-rondte van dié kompetisie.




