SportSport

Klerksdorp kom bo uit, in oorspeel wedstryd

Hierdie Saterdag (25 Junie) gaan Klerksdorp en Potch Dorp dinge vir die Neserliga beker uitspook. Die wedstryd word op Potch Dorp se velde gespeel. Afskop is 15:00.

Klerksdorp Rugbyklub het gisteraand, (21 Junie) met 43 – 27 oor Stilfontein Hurricanes geseëvier.

Die wedstryd is Saterdag afgelas, waarna daar besluit is dat dit Dinsdag op Olënpark weer gespeel moes word.

Dit was van die eerste afskop af, duidelik dat daar by beide spanne ‘n amper desperate behoefte was om dié wedstryd te wen. Dit het teen ‘n baie vinnige pas begin, die senuwees het egter ‘n rukkie gevat om te kalmeer. In die openingstrofe het beide spanne se hantering hulle in die steek gelaat. Balbesit is kort-kort omgekeer. Soos die wedtryd aangegaan het, het die spanne hulle ritme gevind.

Klerksdorp het meer klinies afgerond. Dit het gelyk of Klerksdorp die wedstryd teen halftyd gewen het, maar Hurricanes het ‘n verrasing vir hulle bure gehad. Dié span het ‘n goeie terugveg poging in die tweede helfte geloots, maar kon teen die einde van die wedstryd nie by Klerksdorp bly nie. Die wedstryd kon halfpad deur die tweede helfte nog enige kant toe gaan.

In dié kritieke tyd van die wedstryd het die manne van Stilfontein moeg gelyk. Hulle het alles op die aand gegee. Klerksdorp kon in dié tyd ‘n rits drieë gaan druk om die wedstryd buite bereik van die Hurricanes te plaas.

“Ons is nog nie waar ons moet wees nie, maar ons is baie naby. Ons baie ver van waar ons was,” het Fanie de Kock, voorsitter van Klerksdorp op Facebook gesê.

Hierdie Saterdag (25 Junie) gaan Klerksdorp en Potch Dorp dinge vir die Neserliga beker uitspook. Die wedstryd word op Potch Dorp se velde gespeel. Afskop is 15:00.

 

Vir meer plaaslike Rugbynuus besoek:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button