
Potchefstroom Dorp Rugbyklub het vanmiddag (Saterdag, 25 Junie) vir Klerksdorp Rugbyklub oortuigend met 37-8 in die Neserliga-finaal geklop.
Die tuisspan het op hulle eie veld weer eens bewys hoekom hulle die verdedigende kampioene is.

Ryno Visagie (vise-kaptein en haker), Llewellyn Ellis (kaptein en heelagter) en Ian de Beer (slot) was maar van die staatmakers in ‘n puik spanpoging om die trofee, nes in 2021, te lig.
Dit is die eerste keer sedert 2012/13 seisoene dat Potch Dorp die Neserliga twee jaar in ‘n ry wen.
Foto’s: Mario van die Wall
Hier is nog foto’s van die aksie: (Foto’s – Maritha van Zyl)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.