SportSport

NWU se netbal en hokkiespanne vaar goed by USSA toernooie

Op die hokkieveld het die NWU vroue hokkiespan hulle toernooi met 'n 1-1 uitslag teen Maties begin.

Die Noordwes Universiteit se netbal en hokkiespanne het hierdie week hulle USSA-toernooi veldtogte begin.

Die NWU se netbalspan se toernooi vind by Camp Discovery in Pretoria vanaf 5-9 Julie plaas, terwyl die mans en vroue hokkiespanne in die USSA-week vanaf 4-8 Julie in Kaapstad deelneem.

Foto: Reg Caldecott

Die NWU netbalspan het met ‘n taai 37-32 uitslag teen die Universiteit van Wes-Kaapland in die Superliga-afdeling begin, voordat hulle gelykop teen Kovsies met 36-36 gespeel het.

Die NWU moet nog teen Maties, Tuks en NMU speel in ‘n uitdagende groep.

Op die hokkieveld het die NWU vroue hokkiespan hulle toernooi met ‘n 1-1 uitslag teen Maties begin. Die NWU mansspan het met ‘n oortuigende 11-0 oorwinning vir die Durban Universiteit van Tegnologie ‘n behoorlike pak slae gegee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button