SportSport

Oud-Volkie kook op die gholfbaan

James Kingston, het die afgelope maand groot sukses behaal toe hy die Switserse Senior Ope in Bad Ragaz op Sondag 10 Julie verower het.

Die oud-Volkie en professionele gholfspeler, James Kingston, het die afgelope maand groot sukses behaal toe hy die Switserse Senior Ope in Bad Ragaz op Sondag 10 Julie verower het. Hy het die toernooi met ‘n telling van -11 gewen.

Kingston het al in sy professionele loopbaan wat sedert 1988 strek, ‘n hele rits titels ingepalm. Op 56-jarige ouderdom is hy steeds skitterend op die gholfbaan en neem tans deel aan die Europese Legendestoer onder andere toernooie wat ook op sy kalender is.

Kingston het in 1983 by Volkies gematrikuleer en is een van die bekendste gholfspelers wat die skool al opgelewer het.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button