SportSport

Volkies Netbaltoernooi na top afrigter vernoem

Hierdie Volkies netbaltoernooi sal ook nou die naam van sy stigter, Irene Seymore, dra.

Die 2022 Volkies Netbaltoernooi is na ‘n twee jaar afwesigheid weens die Covid-19 pandemie, weer die afgelope naweek vanaf 22-23 Julie by Hoër Volkskool Potchefstroom hervat.

22 skole het regoor Suid-Afrika aan hierdie gesogte toernooi deelgeneem wat as ‘n fantastiese platform dien vir die opkomende SA Skole Netbaltoernooi wat in Augustus plaasvind.

Hierdie Volkies netbaltoernooi sal ook nou die naam van sy stigter, Irene Seymore, dra en sal voortaan as die Irene Seymore netbaltoernooi bekendstaan. Dit is beslis ‘n nalentskap vir een van Potch Volkies se top afrigters oor die afgelope dekades.

Foto’s: Anina van Zyl

 

Volkies se o.15A span behaal ‘n skitterende vierde plek in die toernooi. Potchefstroom Gimnasium se o.14 en o.16 spanne behaal albei welverdiende 6de plekke.

Afrikaans Hoër Meisiesskool (Affies) wen die o.14 en o.15 afdeling, terwyl Hoërskool Menlopark die o.16 en o.19 titels vat.

Heidelberg Volkskool is oorwinaars in die o.17 afdeling.

Dit was ‘n belewenis om kwaliteit netbal op die bane te kon sien met netbalspelers wat hulle alles gee.

Menlopark is as die algehele wenners met 150 punte gekroon. Helpmekaar-kollege is tweede (144 punte) en Affies derde met 138 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button