SportSportSport

Gimmies se boulers neem eerstes na oorwinning teen Volkies

Volkies se kolwers kon nie vandag op volle dreef kom nie en is almal uitgebou vir 187 met 6.2 boulbeurte oor.

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan kan te danke aan ‘n puik boulvertoning ‘n 31 lopie oorwinning teen Volkies op hulle teenstander se tuisgrond vandag (Saterdag, 27 Augustus) vier.

Foto’s: Wouter Pienaar

Zavier van Rensburg (3/31) en Ruan Lotz (3/46) was Gimmies se voorste paaltjievrate op die dag en het op kritieke tye paaltjies geneem om hul totaal van 218 almal uit, te verdedig.

Volkies se kolwers kon nie vandag op volle dreef kom nie en is almal uitgeboul vir 187 met 6.2 boulbeurte oor.

Dit was net Volkies se kaptein, CornĆ© Prinsloo, met ‘n vasberade 54 (75) wat sterk gestaan het.
Prinsloo se paaltjie was goud werd en die linkerarm draaier, Marnu CronjĆ© (1/42) het die deurbraak gemaak. Die bal het die rand van sy kolf getref en CronjĆ© kon met sy tweede laaste bal ‘n maklike vangskoot van sy eie boulwerk benut.

Dit nadat Van Rensburg vroeƫr die paaltjies van Kwagga Coetzee en die gevaarlike Ludwich Schuld vir 5 gevat het.

Johan Mahne (2/26) was ook briljant met sy spoed en swaai en het vir Kobus Pienaar met ‘n briljante streepbal uitgeknikker om die wedstryd behoorlik in Gimmies se guns te swaai. Hy raak ook ontslae van Lunga May.

Dian Liebenberg en Christiaan Smit het moedig probeer om met ‘n laaste paaltjie venootskap van 29 lopies vir Volkies te red, maar Liebenberg se paaltjie was die laaste strooi en Volkies is almal uit vir 187.

Gimmies se Johan Mahne is in ekstase na hy Kobus Pienaar se paaltjie laat kantel. Foto: Wouter Pienaar

VroeĆ«r het Gimmies op ‘n moeilike kolfblad 218 geslaan. Gimmies se kaptein, Martin van Onselen, het 38 bymekaar gemaak met Van Rensburg wat ook 38 gemaak het. Gimmies was op ‘n stadium 120/2, maar drie vinnige paaltjies het (twee vir Smit sowel as ‘n uithardloop) het Volkies weer in beheer gebring.

Diaan van der Merwe (5/36) was uitstekend vir Volkies met sy linkerarm draaiballe.

Gimmies sal baie selfvertroue uit hierdie wedstryd neem en alles in ag geneem het hulle verdien om die wen in die sak te steek.

Volkies sal hierdie een hou op die ken vat, maar sal verseker weer sake wil regstel na ‘n teleurstellende dag.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button