SportSport

Gimmie tennisster verower eerste ITF-titel

"Ek was baie verbaas om te wen en is ongelooflik bly."

‘n Uitblinker by die Riaan Venter Tennisakademie, Mari-Louise van Zyl (16), het onlangs haar eerste Internasionale Tennis Federasie (ITF) titel in Harare, Zimbabwe gewen.

Hierdie tennisspeler wat ook ‘n leerder van Potchefstroom Gimnasium is, het die eindstryd van die J3 Harare-toernooi met 6-2, 6-4, teen Gloria Nahum van Benin gewen.

Mari-Louise van Zyl vier haar oorwinning in Zimbabwe.

“Ek het nie verwag dat ek gaan wen nie. Ek wou net my spel verbeter. Ek was baie verbaas om te wen en is ongelooflik bly,” noem sy.

Mari-Louise se pad na die titel het begin met ‘n gemaklike oorwinning teen Zahara El-Zein van Zimbabwe met 6-2, 6-0.

Daarna volg wenne teen Andra Sirbu van Roemenië (6-2 6-1), Sasha Chimedza van Zimbabwe (6-1, 7-5) en Ekua Youri van Botswana (6-3, 6-2).

Mari-Louise van Zyl.

Mari-Louise het nie een stel in die hele toernooi verloor nie en het bewys dat sy die talent het om top titels te kan verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button