Potch Dorp en Klerksdorp Rugbyklub wil op 8 Oktober vanjaar geskiedenis maak, deur drie junior klubwedstryde aan te bied.
Volgens Bolla van de rMerwe, voorsitter van Potch Dorp Rugbyklub, is hulle opsoek na o/13, o/15 en o/17 spelers om op 8 Oktober teen Klerksdorp Rugbyklub se juniorspanne mee te ding. Dié wedstryde sal as voorwedstryde vir die Luiperds o/21 teen die Sharks o/21 en die Luiperds plattelandspanne teen die Bulle se platteland span dien.
Volgens van der Merwe, sal sulke wedstryde geskiedenis in die provinsie maak, omdat daar nog nie junior klubwedstryde tussen Potch Dorp en Klerksdorp gespeel is nie. Volgens van der Merwe, wil die klubs nie seuns by skolespanne wegneem nie.
“Ons sal slegs Rugby speel as die skole Rugby verby is en nooit inmeng met skolerugby nie,” het van der Merwe gesê.
Beide Potch Dorp en Klerksdorp het reeds op sosiale media gevra dat seuns wat belangstel hulle name op die lys sit. Klik op die skakels om seuns vir die onderskeie spanne in te skryf.



