SportSport

Gimmie bergfietsryer blink uit in Frankryk in SA-kleure

Ernie Roets was die 31ste junior fietsryer en die negende o.17 seun oor die eindstreep. 

Potchefstroom Gimnasium se top bergfietsryer het tydens die wêreld bergfietskampioenskappe in Frankryk vanaf 24-28 Augustus in Les Gets sy stempel afgedruk.

Ernie Roets was die 31ste junior fietsryer en die negende o.17 seun oor die eindstreep.

“Ons was einde Augustus, vir twee weke in Morzine, Frankryk gewees. Dit was ‘n heeltemal ander belewenis aangesien dit my eerste keer oorsee was,” vertel Ernie.

Ernie Roets saam met die Suid-Afrikaanse span in Frankryk.

Hierdie kranige bergfietsryer het in ‘n groep van 118 seuns weggespring en sy staal gewys in ‘n harde wedren waar daar baie klimme was.

“Dit was baie anders as in Suid-Afrika. Daar was baie geraas en geskree langs die baan wat dit, op party dele baie moeilik gemaak het om gefokus te bly, maar terselfde tyd was die atmosfeer fantasties – dit is lekker om te sien dat so baie mense fietsry so geniet,” noem Ernie.

Ernie Roets saam met die bekende SA bergfietsryer, Alan Hatherly.

Hierdie ervaring het hom ook gemotiveer om weer sy land op die groot fietsryverhoog te kan vertenwoordig.

“Ek gaan baie hard oefen om volgende jaar weer te probeer deelneem,” beaam hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button