SportSport

Groot netbalstryd vanaand met NWU wat Maties voor tuisskare aanvat

Die wedstryd tussen Maties en die NWU begin om 19:00 vanaand.

Die NWU Varsity Netbalspan het vir TUT gisteraand (Sondag, 25 September) in die NWU Amfiteater op kampus met 89-20 oorrompel om hulle stempel verder in vanjaar se toernooi af te druk.

Die NWU het in hierdie vierde rondte van Varsity Netbal die tuisskare laat jubel en juig met hierdie oorwinning wat die tafel mooi dek vir vanaand (Maandag, 26 September) se groot stryd teen Maties by die Amfiteater.

Die NWU se woelwater aanvallende vleuel, Tlotlang Mokomela, het al twee speler van die wedstryd toekennings ontvang, terwyl Elmeré van der Berg op doel ook gedurig haar klas wys. Martiné Jordaan en Sanmarie Visser was ook op goeie vorm in die verdediging is.

Foto’s: Varsity Sport

Maties speel ook goeie netbal vanjaar en tesame met die NWU is hulle die enigste twee spanne wat nog onoorwonne is.
Al het Maties net-net teen die Universiteit van Johannesburg met 44-42 deurgeskuur, het hulle alreeds bewys dat hulle groot aanspraak op die titel het, toe hulle verlede naweek vir Tukkies tuis geklop het.
Vir Maties sal die Protea, Nichole Taljaard, sowel as hul kaptein, Sian Moore van die spelers wees om dop te hou.
Die wedstryd tussen Maties en die NWU begin om 19:00 vanaand.

Ander wedstryde by die NWU Amfiteater netbalbaan vandag sluit in:
TUT teen UJ (13:00)
UWC vs Madibaz (15:00)
Kovsies vs Tuks (17:00)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button