SportSport

“Grootste prestasie in 10 jaar”

Ek rig al 10 jaar sewes af, en dit is vir my die grootste prestasie wat die sewes span al behaal het," het Pieter van den Bergh, hoofafrigter van die NWU Blitzpuk, gesê. 

Die NWU Blitzpuk het vir die eerste keer die afgelope naweek (23 – 25 September) die USSA-sewes toernooi in Kimberley gewen.

Ek rig al 10 jaar sewes af, en dit is vir my die grootste prestasie wat die sewes span al behaal het,” het Pieter van den Bergh, hoofafrigter van die NWU Blitzpuk, gesê.

Die beste wat dié span voorheen in die kompetise gedoen het was nasswenners.

Volgens  van den Bergh, was die standaard by vanjaar se toernooi seker die hoogste wat dit nog was.

“Daar was baie Varsitybeker spelers in die verskeie spanne. Elke wedstryd was ook baie naby aan mekaar. Nie een span het met meer as sewe punte in die poelrondtes gewen nie,” het hy gesê.

Die NWU het hulle eerste wedstryd teen CPUT verloor. Op die volgende dag het hulle nie ‘n tree opgegee nie en wen al hulle wedstryde.

In die halfeindstryd ontmoet hulle weeer vir CPUT maar slaag daarin om hulle 19-12 te wen. Daarna het hulle die Universiteit van Weskaapland met 29 – 19 gewen om die beker terug Potchefstroom toe te bring.

“Ek dink sewes is so vinnig dat een of twee besluite kan jou ‘n wedstryd kos. Dit is hoë intensiteit, emosies loop hoog. Die ouens het werklik baie kalm gebly en kop gehou,” het van den Bergh gesê.

Van den Bergh het groot waardering en dank vir sy ondersteuningspersoneel, DeWet Terblanche, spanbestuurder, en Garann Kriek, kondisioneringsafrigter uitgespreek.

“Die ouens was regtig fisies goed voorberei. Hulle het albei besonderse goeie werk gedoen,” het van den Bergh gesê.

Die Blitzpuk se volgende toernooi is die Varsity Sports, sewestoernooi. Van den Bergh en sy span sal hulle goei uitslae by dié toernooi wil voortsit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button