SportSport

Volkies se fietstoer na die Kaap in volle swang

Tien fietsryers gaan elkeen 'n minimum van 'n 100km af lê in hierdie fietstoer wat tot en met 9 Oktober gaan duur. 

Volkies se fietsryers is tans besig om hard te trap om die Kaap te bereik tydens ‘n historiese en asemrowende fietstoer wat hulle gisteroggend (Vrydag, 30 September) vanaf die skoolgronde om 09:30 begin het.

Tien fietsryers gaan elkeen ‘n minimum van ‘n 100km af lê in hierdie fietstoer wat tot en met 9 Oktober gaan duur.

Christian Brits, Zanri Grobbelaar, Christelle Engelbrecht, Josef Botha, Tiaan de Villiers, Tiaan Bekker, Ilnè du Preez, Zandré Stemmet, Johan Malherbe, Janco Stemmet – Gr7 en Divan du Preez – Gr 6 neem aan hierdie fietstoer deel.

Foto’s: Estelle Gerber

Hoër Volkskool se Eeufeesvieringe gaan beslis met baie pret gepaard en hierdie historiese fietstoer is beslis een van die spesiale oomblikke wat hierdie skool se ryke tradisie vier.

Die fietsryers is tans in Christiana met nog ongeveer 1000 kilometer se afstand om plat te trap tot in Kaapstad.

Volg gerus Volkies Fietsry om uit te vind waar hierdie fietsryers op hulle roete is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button