SportSport

NWU kolwer moker onoorwonne 113* teen Ikeys in Varsity Krieket

Botha het ook 14 viere en 4 sesse aangeteken in 'n verwoestende beurt.

Die wit krieketbal het soos ‘n missiel vanaf die NWU se hotklou-aanvangskolwer, Eben Botha, se kolf vanoggend gevlieg.

Hy het ‘n blitsvinnige 113* (58) balle teen Ikeys van die Universiteit van Kaapstad, geslaan.

Botha se honderdtal, die eerste in vanjaar se kompetisie, het die NWU instaat gestel om vir Ikeys met 74 lopies te klop. Ikeys kon net 129/6 in hulle 20 boulbeurte behaal nadat die NWU 203/2 aangeteken het. Botha het ook 14 viere en 4 sesse aangeteken in ‘n verwoestende beurt. NWU kaptein, Chris Britz het 48 (33) bygedra.

Foto’s: Christiaan Kotze/ASEM Engage

 

Die NWU kwalifiseer ook sodoende vir vanmiddag se half-eindstryd met CUT van Bloemfontein.

Maties en Tukkies sal mekaar in die ander halfeindstryd aandurf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button