SportSport

Bobbies Darts se kroegliga bied gesonde kompetisie

Hulle bied tans ‘n opwindende kroegliga by Wild Boar Pub and Grill op die N12 aan. Dit het Donderdag, 15 September geopen. Die kompetisie is 501 met die beste uit drie wat dan wen.

Bobbies Darts is reeds vir ‘n geruime tyd een van Potchefstroom se top veerpyltjieklubs.

Hulle bied tans ‘n opwindende kroegliga by Wild Boar Pub and Grill op die N12 aan. Dit het Donderdag, 15 September geopen. Die kompetisie is 501 met die beste uit drie wat dan wen.

Die uitslae is as volg:

Spelers wat gespeel het:

Stephné Cockram vs San-Marie van Staden.

San-Marie wen 2-1.

Collin Coakley vs Herman van der Westhuizen

Herman wen 2-0

Herman gooi ook ‘n 180-telling hoogste met drie veerpyltjies.

George Cockram vs Steven Verster

Steven wen 2-0.

Mense wat graag by die kroegliga betrokke wil raak, is welkom om George Cockram by 066 295 8868 via WhatsApp te kontak vir meer inligting.

“Almal is welkom om te kom inloer en te kyk hoe ons speel en ons ook te ondersteun,” noem George Cockram, Bobbies Darts se ontwikkeling- en kommunikasiebeampte.

Belangstellendes kan ook Dinsdae aande vanaf 18:00 by die klub aansluit by Amelia Nasorgsentrum, Richardsonstraat 5, Bailliepark. Skakel George by 066 295 8868 vir toegang by die hek.

Nuwe komitees verkies:

Op 20 September is daar ook ‘n vergadering gehou waar die JB Marks Veerpyltjiekomitee aangewys is.

JB Marks Veerpyltjiekomitee:

President: Elizma Oosthuizen, visepresident: San-Marie van Staden, sekretaresse: Elonka Steenkamp, toernooi direkteur: Jan Botha, finansiële direkteur: Lititia Mostert, ontwikkelings- en kommunikasiebeampte: George Cockram.

Bobbies Darts Klubkomitee:

Voorsitter: Elizma Oosthuizen, ondervoorsitter: San-Marie van Staden, sekretaresse: Elonka Steenkamp, toernooi direkteur: Jan Botha, finansiële direkteur: Maria Botha, ontwikkeling- en kommunikasiebeampte: George Cockram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button