SportSport

Berts Bricks se Night Race is terug!

Groot nuus is dat die immergewilde Supa Quick Night Race weer aangebied word.

Dit woeker die afgelope tyd behoorlik by die Berts Bricks Atletiekklub.

Nie net is die jaarlikse klubrun-kompetisie aan die gang nie, maar die Supa Quick Night Race keer ook na drie jaar terug.

Hulle het Dinsdagaand, 27 September eerstens ‘n baie suksesvolle klubrun aangebied. Atlete wat deelgeneem het kon afstande van 4, 8, 16 en 32 kilometer aflê. Atlete kon self afstande kies en die klubbestuur het die waterpunte beman en die organisasie hanteer. Vanaf 4 Oktober sal stappers Dinsdae vanaf 17:45 en drawwers vanaf 18:00 kan deelneem.

By die jaarlikse klubkompetisie is daar nou ook ‘n nuwe afstand van 250 kilometer waarvoor ingeskryf kan word.

Die ander bestaande afstande is 500km, 750km en 1 000km.

Groot nuus is dat die immergewilde Supa Quick Night Race weer aangebied word en wel Woensdag, 19 Oktober by die Snowflake-gebou as wegspringpunt. Daar sal 5- en 10 km wedlope plaasvind.

Die Berts Bricks Klubrun is ‘n groot sukses met ‘n nuwe afstand vanjaar vir deelnemers.

“Ons nooi ook alle atlete om aan die Supa Quick Night race te kom deelneem. Dit is ‘n heerlike saamkuier-geleentheid vir oud en jonk. Ons het die tye van die 5- en 10 kilometer so gekies dat pa en ma saam met hul kinders die 5km kan doen en dan ook aan die 10km kan deelneem,” noem die klub.

Die 5 kilometer wedloop begin om 17:30 en die 10 kilometer om 19:00.

Daar kan vanaf 15:00 by die Snowflake-gebou ingeskryf word.

Vir navrae kan Ronel du Toit by 083 571 2817 of Cheri Oosthuizen by 082 827 9153 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button