SportSport

Junior klubrugby is aan die lewe in Noordwes

Dit was Saterdag (8 Oktober) 'n Junior Rugbyfees op Olënpark. 

Dit was Saterdag (8 Oktober) ‘n Junior Rugbyfees op Olënpark.

Klerksdorp Rugbyklub en Potch Dorp het vir die eerste keer in hulle geskiedenis juniorspanne op die veld gehad. Dit is die begin van groter deelname aan klubrugby vir junior ouderdomsgroepe. Veral in die af seisoen wanneer daar nie Rugby by skole gespeel word nie, bied klubrugby ‘n geleentheid vir seuns om aan te hou met die sport.

Dit was gepas dat die oudste twee klubs in die provinsie hierdie geskiedkundige stap neem. o/13, o/15 en o/17 spanne het voorwedstryde vir die Luiperds o/21 en Luiperds plattelandspanne gespeel.

Dit was werklik krag teen krag, met die waardes van Rugby wat wieerspieël is. Potch Dorp het die dag gewen, nadat hulle o/13 span 29 – 10 teen Klerksdorp gewen het. Potch Dorp se o/17s het in ‘n naelbyt wedstryd 7-5 as die wenners weg gestap. Klerksdorp se o/15 span het daarin geslaag om Potch Dorp se o/15 span met 29 – 7 te wen.

Die voorsitters van beide klubs het vroeër aan die Herald aangedui dat die plan is om volgende jaar ‘n Luiperds span bymekaar te sit om by die Inter Provinsiale toernooi vir junior klubs te gaan deelneem. Dié toernooi gee vir seuns wat nie in die tradisionele junior provinsiale strukture soos die Craven week opgeneem word nie, nog ‘n kans om hulle staal te wys.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button