Die NWU-Junior Swemklub het tydens die jaarlikse Noordwes-kortbad kampioenskappe, wat vanaf 23 – 25 September 2022 by hul staal behoorlik gewys. By hierdie kampioenskappe wat Lebone College buite Rustenburg plaasgevind het, het hierdie swemmers in die individuele items 16 goue, 21 silwer en 14 brons medaljes ingepalm.
Tydens die aflositems was die span eweneens ‘n faktor om mee rekening te hou en kon hulle 3 eerste, 5 tweede en 1 derde plek behaal.
Foto’s: Verskaf
Die Junior Pukkies se individuele medalje-wenners op die podium was: Henk Boonzaaier (1 silwer), Jack Cameron (1 goud, 2 brons), Hlalele Chaane (2 silwer), Dorette du Plessis (3 silwer, 3 brons), Sumé du Preez (2 silwer, 1 brons), Francois Goosen (2 goud, 1 brons), Mia Putter (2 goud, 3 brons), Dawid Rossouw (9 goud), Skyla Schroll (1 silwer), Milri-Ann Summerton (2 goud, 6 silwer, 4 brons), Keegan Tredoux (1 brons), Nickela van der Berg (1 brons) en Ansune van Vuuren (3 silwer).
Van Zyl Brand (afrigter) het in solidariteit met sy swemmers ook vir ‘n paar items ingeskryf en kon 2 silwer en 2 brons medaljes daarvoor wys. Verskeie swemmers het reeds vir die onderskeie streekskompetisies later in die seisoen kwalifiseer. Dawid Rossouw, wat onder andere met 3 nuwe byeenkomsrekords spog, het vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior kampioenskappe asook Suid-Afikaanse Kortbad kampioenskappe kwalifiseer.









