SportSport

Luiperds platteland hardloop oor Bulle platteland

Die Luiperds se platteland span het Saterdag (8 Oktober) behoorlik oor die Bulle se plattelandspan gehardloop. 

Die Luiperds se platteland span het Saterdag (8 Oktober) behoorlik oor die Bulle se plattelandspan gehardloop.

Dit was ‘n wonderlike manier vir die Luiperds om op tuisbodem af te sluit. Hulle het met ‘n 58-21 oorwinning uit die stryd getree. Daar was geen keer aan die Noordwesters, wat die wedstryd in ‘n drieëfees verander het. Die sterk Potch Dorp gevolg wat deel is van dié Luiperds span het weer in die kragmeting teen die Bulle uitgeblink.

Die Luiperds se platteland span onderleiding van Joe Smith en Eric Bukane kan hulleself gerus op die skouer klop. Dié span het bewys dat klubrugby in die provinsie nog sterk is. Na verloop van die wedstryd is verskeie pryse vir die spelers uitgedeel.

Speler van die Jaar:
Marnus Venter
Voorspelers van die Jaar:
Antonie Keyter
Willie van Aswegen
Agterspeler van die Jaar:
Llewellyn Ellis
Jongspeler van die Jaar:
Jan-Adriaan Hattingh
Beste van die bank af:
Vuyo Ngethu
Spanspelers van die Jaar:
JP Matthee
Hendrik Smit
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button