SportSport

Doelskieter van formaat is Varsity Netbal se Speler van die Toernooi

Elmeré het ‘n skitterende jaar tot dusver en vir Proteas in verskeie toernooie uitgeblink.

Die NWU en Protea netbalspeler en doelmasjien, Elmeré van der Berg, het skitterende jaar op ‘n fantastiese wyse beklemtoon toe sy as die 2022 Varsity netbaltoernooi se Speler van die Toernooi aangewys is.

Elmeré van der Berg. Foto: Hannes Naude/Asem Engage.

Dit is beslis ’n pluimpie vir haar deurlopende goeie spel vanjaar vir die NWU.

Volgens haar was dit ’n groot verrassing om hierdie toekenning te kry.

“Die hele Varsity Netbal-ervaring was vir my lekker gewees. Ons het ingegaan om te wen en almal was gemotiveerd en die gees was goed vanjaar. Ek het nie gevoel dat ek uitgestaan het as individu nie, maar ek is baie bly en bevoorreg dat ek die toekenning kon kry,” noem sy.

Elmere van der Berg (regs) ontvang ‘n toekenning van Dr. Corrie Rheeder by verlede week se NWU Sporttoekenningsfunksie. Foto: Tian du Preez.

Elmeré vertel ook dat haar ervaring as Proteaspeler ook haar deur die toernooi gehelp het om wedstrydsituasies beter te kon hanteer.

“Ek is meer geduldig en gefokus om aanhou hard te werk. My doelwit is om volgende jaar vir Suid-Afrika in die 2023 Netbal Wêreldbeker in Kaapstad te speel.”

Elmeré het ‘n skitterende jaar tot dusver en vir Proteas in verskeie toernooie uitgeblink. Sy is ook vir die Leeds Rhinos in die Engelse 2023 Vitality Netbal Superliga ingesluit, waar sy nog verder as speler sal groei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button