SportSport

Volkies Krieket vier ‘n jaar van uitnemendheid

Volkies se legendariese afrigter van die afgelope dekade, Andries Huisamen, is op 'n gepaste wyse gegroet vir sy massiewe bydrae.

Volkies Krieket het vanjaar ‘n fantastiese en suksesvolle jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit op Dinsdag, 22 November met ‘n erkenningsfunksie vir hulle top krieketsterre by die Elgro Hotel.
Volkies se o.15A en eerste spanne is albei as NW-kampioene gekroon, terwyl die eerste span ook die Noordvaal half-eindstryd sowel as die Noord-Suid T20-toernooi se eindstryd vir die eerste keer in geskiedenis behaal het.
Vier eerste span spelers is ook met spesiale toekennings gegroet vir hulle diens aan Volkies krieket. Christiaan Smit, Corné Prinsloo, John van Wyk en Corné Nel sal elkeen gemis word, maar weet dat hulle ‘n groot impak op die skool se krieket met hulle spel en gesinheid gehad het.
Volkies het ook erkenning en trofees gegee aan seuns wat deur die seisoen honderdtalle aangeteken het, en vyf paaltjies gevat het.
Andries Huisamen, wat sedert 2012 by die skool se krieket betrokke is, en ‘n groot rol in die sukses van die skool se krieket die afgelope dekade gehad het, gaan ook nou in ‘n nuwe rigting gaan.
Daar was nie droë oog in die vertrek toe Huisamen in sy toespraak die skool bedank het en ook genoem het hoe belangrik dit was om ‘n kultuur by Volkies te skep waar seuns in manne verander word en krieket daadwerklik gegroei word.
Huisamen was iemand wat nie net krieketspelers afgerig het nie, maar ook spelers van die veld af wyse lesse geleer het. Mense was nog altyd die belangrikste in sy woordeskat, ongeag die uitslag op die veld.
Volgens hom was dit ‘n groot voorreg om deel van die reis te wees en hy sien uit na waarheen Volkies Krieket op pad is onder die bekwame leierskap van Wynand Schmitt.
Oud-Volkie, James Kingson, die professionele gholfspeler en kranige krieketspeler by Volkies in die 80’s het as gasspreker opgetree.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button