SportSport

Drie Potchefstromers haal SA o.19 Vroue Wêreldbekerspan

Drie van Potchefstroom en die Noordwes Dragons se top jong kriekettalent, Elandri Janse van Rensburg, Nthabiseng Nini en Anica Swart het die eer om Suid-Afrika by die eerste o.19 Vroue Krieketwêreldbeker vanaf 14-29 Januarie 2023 in Potchefstroom en Benoni te verteenwoordig. Janse van Rensburg en Swart (beide leerders van Potchefstroom Gimnasium) en Nini (‘n HTS …

Drie van Potchefstroom en die Noordwes Dragons se top jong kriekettalent, Elandri Janse van Rensburg, Nthabiseng Nini en Anica Swart het die eer om Suid-Afrika by die eerste o.19 Vroue Krieketwêreldbeker vanaf 14-29 Januarie 2023 in Potchefstroom en Benoni te verteenwoordig.

Janse van Rensburg en Swart (beide leerders van Potchefstroom Gimnasium) en Nini (‘n HTS Potchefstroom-leerder) is in die Suid-Afrikaanse o.19 span opgeneem na ‘n briljante jaar op die krieketveld.

Anica Swart, Elandri Janse van Rensburg en Nthabiseng Nini is vir die SA o.19 span vir die 2023 o.19 Vroue Wêreldbeker gekies.

Hierdie is ‘n fantastiese geleentheid vir hierdie jong spelers wat teen die top spelers in die wêreld sal speel.

Suid-Afrika se o.19’s sal teen Indië, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate in groep B te staan kom.

Die SA o.19 span is as volg:

Elandri Janse Van Rensburg, Simone Lourens, Anica Swart, Karabo Meso,  Madison Landsman, Oluhle Siyo, Kayla Reyneke , Jenna Evans, Miane Smit, Ayanda Hlubi, Seshnie Naidu, Refilwe Moncho, Mona Lisa Legodi, Nthabiseng Nini, Jemma Botha

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button