SportSport

Shani volg in sussies se skyfskiet-spore

Shani (17) het soos haar susters, Nadine (19) en Hermé (22), toe hulle op skool was, ook vir die SA BJI-toerspan na Brittanje gekwalifiseer.

Dit is geen verrassing dat een van Potchefstroom se top jong skuts, Shani Nel, net soos haar ouer susters ook in skyfskiet uitblink nie.

Shani (17) het soos haar susters, Nadine (19) en Hermé (22), toe hulle op skool was, ook vir die SA BJI-toerspan na Brittanje gekwalifiseer.

Nadine kon egter nie fisies die toer meemaak nie omdat dit weens Covid-19 gekanselleer is. Hermé was die SA-kaptein tydens haar toer na Brittanje in 2018.

Shani Nel is een
van Potchefstroom
se top presteerders
in skyfskiet. Foto:
Wouter Pienaar.

Shani, ‘n graad 11-leerder aan Hoër Volkskool Potchefstroom, het vanjaar ‘n besonderse jaar op die skietbaan beleef met haar grootste prestasie om SA vanaf 1-13 Augustus as deel van die o.21 span in Brittanje te kon verteenwoordig.

Om vir hierdie toer te kon kwalifiseer het sy tydens die 2022-SANSSU-proewe in April ‘n totaal van 1 456 uit 1 600 in die sporter-klas behaal, slegs twee punte agter die eerste plek.
Sy het bewys dat dit glad nie ‘n eenmalige geval is toe sy in Brittanje ook twee gouemedaljes tydens die Bisley-skietkampioenskappe behaal het, wat ‘n top prestasie is.


Sy noem dat sy teen lande soos Skotland en Engeland geskiet het en dat die kompetisie van hoogstaande gehalte was.
“Dit was ‘n ongelooflike lekker ervaring. Buiten die kompetisie kon ons ook bietjie rondtoer en ek kon Buckingham Palace in Londen sien,” noem sy opgewonde.
Shani het al sedert graad 7 die SA-span in skyfskiet behaal en is al vir jare ‘n konstante staatmaker vir Noordwes in hierdie sport.
By die SA-kampioenskappe in Randburg vanaf 3-6 Oktober vanjaar behaal Shani ‘n 32ste plek uit 93 skuts vir o.21 gewere.
Shani vertel ook dat een van haar groot mentors, mnr. Johan Benson is, wat haar in haar tyd by Gimmies baie gehelp het.
“Ek geniet die sport en veral die mense waarmee mens saam skiet. Mens ontmoet gedurig nuwe mense wat dieselfde passie deel,” sê Shani.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button