SportSport

Verspringput ‘n groot trekpleister by Volkies se interhuis

“Hulle was byna weer soos jong kinders. Die sandput het die kinders gelok.”

Wat kry jy as jy ‘n sonnige vuurwarm dag, ‘n verspringput en hope gees meng?

‘n Rekord aantal graad 8-seuns – 64 om presies te wees, wat in vanjaar se verspring-item by Volkies se Interhuis atletiekbyeenkoms by die NWU McArthur-stadion deelneem.

64 graad 8 seuns het aan die verspring-item by Volkies se interhuis atletiekbyeenkoms deelgeneem. Foto: Volkies Potch/Facebook.

Mighael de Beer, een van die beamptes by die verspringput, noem dat dit nogal ‘n taak was om so baie seuns te laat spring, maar dat dit aan die einde van die dag wonderlik was om die positiewe gesindheid te kon ervaar.

“Dit was mal. In een van die ander uitdunne was daar by die o.15 seuns ook 53 wat aan die verspring deelgeneem het. Daar was regtig baie mense.”

Volgens hom was massa deelname van al die leerders een van die hoogtepunte.

“Die kinders was heeldag positief. Dit was deelname-gewys een van ons grootste interhuisbyeenkomste nog. En dit terwyl dit deur die dag ongelooflik warm was. Ons het ook oor die tyd gegaan omdat daar so baie uitdunne was,” noem hy. “

Om 64 kinders in een ouderdomsgroep te laat spring is nie maklik nie. Die gesindheid was regtig goed. Die kinders het dit baie geniet. Ons het dit informeel gehou. Die wat kompeterend wou wees, kon wees. Ander wou net teen hul maats spring,” voer hy aan.

Volgens De Beer was dit wonderlik om te sien hoe die leerders dit net voluit geniet het.

“Hulle was byna weer soos jong kinders. Die sandput het die kinders gelok.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button