Volkies se krieketspanne het die afgelope naweek weer veggees in verskeie ligawedstryde bewys.
Die uitslag van die naweek was toe die o.15A span vir Hoërskool Menlopark met 103 lopies in die Finsburyliga geklop het.
Volkies teken 235/7 in 50 beurte aan met Schalk Pienaar wat 74* moker en Olefa Padi ‘n baie handige 57* aanteken. Volkies se boulers is op hulle stukke en haal Menlopark vir slegs 132 uit. Theunis Nel neem 3/39 met die bal.
Die eerste span is wel nie so gelukkig nie en moet die knie buig teen Menlopark in ‘n wegwedstryd. Menlo Park word vir 185 lopies uitgeboul. Lunga May en Diaan van dwe Merwe vat elkeen 3 paaltjies. Volkies word vir 143 uitgeboul en verloor die wedstryd met 42 lopies.
Volkies se tweede span het in ‘n wedstryd teen Mafikeng die lopies behoorlik ingesamel met ‘n telling van 358/9 in 45 beurte. Mafikeng behaal slegs 96 lopies met Herman Hesse wat 3/4 in 1.3 beurte neem.




